Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Winsloe, Kolonel Richard William
Winsloe, Kolonel Richard William [boodskap #124612] Wo, 23 Januarie 2019 06:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kolonel Richard William Winsloe was 'n Britse soldaat. In 1835 in Somersetshire gebore en sluit in 1853 by die leër aan. Hy veg in die Krimoorlog en in die Zoeloe-oorlog en nadat hy ernstig gewond is in die slag van Ulundi, is hy bevorder tot luitenant-kolonel. Tydens die oorlog van 1880 het hy bevel gevoer oor die beleër Britse troepe in die fort in Potchefstroom, waarvoor hy aangestel is as die Aide-de-Camp vir die Koningin. Later jare het hy in Birma geveg en het ’n verslag geskryf oor die beleg van Potchefstroom. Op 5 Junie 1917 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Winkelspruit
Volgende onderwerp: Witbank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:52:46 MGT 2024