Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Windswael (Micropodidae)
Windswael [boodskap #124610] Wo, 23 Januarie 2019 06:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Windswael (familie Micropodidae) is ’n voël wat in voorkoms en gewoontes baie ooreenkom met die swawel, maar vanweë die feit dat hy groter is, word hy verskillend geklassifiseer. Windswaels is volop in Suid-Afrika, hoewel daar min soorte is. Hulle bring hulle lewens duisende voete bokant die aarde deur en maak ’n geluid wat klink soos ’n hoë gil. Selfs die jong windswaeltjie lê perfekte beheer aan die dag op sy eerste vlug. Die meeste windswaels bou hulle neste in kolonies in bergkranse en sommige is trekvoels.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Windsorton
Volgende onderwerp: Winkelspruit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:03:03 MGT 2024