Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Windhoek
Windhoek [boodskap #124608] Wo, 23 Januarie 2019 06:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Windhoek is die hoofstad van Namibië (Suidwes-Afrika). In 1870 gestig as ’n Rynse sendingstasie en die naam is afgelei van ’n Namawoord wat "Die Plek van Rook" beteken. Dit is in Hollands vertaal deur vroeë transportryers. Die huidige dorp is in Oktober 1890 deur kaptein Kurt von Francois gestig. Groot bedrae geld is deur die Duitse owerheid aan sy ontwikkeling bestee en in 1897 is daar begin met die bou van ’n spoorlyn van Swakopmund af. Weens sy hoogte bo seespieël — 5,600 voet — het dit gewild geword vanweë sy verfrissende klimaat. Dit het oor een van die kragtigste radiostasies in die wêreld beskik, kragtig genoeg vir regstreekse verbinding met Berlyn, toe die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het. Die Duitsers het Windhoek ontruim en dit is op 13 Mei 1915 deur die Unie-magte beset. Sedertdien het dit bestendig gegroei en die setel van die Wetgewende Raad geword. Dit is die sentrum van die karakoelpels-bedryf wat baie kopers uit die buiteland lok. Die aantal nywerhede neem steeds toe. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 47,000 (24,000 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Winburg
Volgende onderwerp: Windsorton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:30:31 MGT 2024