Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Winburg (Wenburg)
Winburg [boodskap #124607] Wo, 23 Januarie 2019 06:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Winburg was die eerste hoofstad van die Oranje-Vrystaat. In 1836 deur die Voortrekkers gestig, eers ‘Wenburg’ gespel. Daar bestaan nog verskil oor die oorsprong van die naam. Sommige meen dat die naam gegee is ná die oorwinning van die Voortrekkers oor die Matabeles, terwyl ander beweer dat die plek ‘Wenburg’ genoem is na ’n twis tussen twee families oor die terrein van die dorp. Winburg was ook die toneel van gevegte in ander naturelle-oorloë, terwyl gevegte ook tydens die Tweede Vryheidsoorlog en die 1914-Rebellie daar plaasgevind het. Koring- en wolproduserende gebied. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,968 (1,454 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wilson, Majoor Allan
Volgende onderwerp: Windhoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:12:39 MGT 2024