Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Willoughby, Majoor Sir John Christopher
Willoughby, Majoor Sir John Christopher [boodskap #124603] Wo, 23 Januarie 2019 06:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Majoor Sir John Christopher Willoughby was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) soldaat en pionier. Op 20 Februarie 1859 in Engeland gebore en ontvang opleiding aan Eton en Cambridge. In 1879 sluit hy by die leër aan en veg in Egipte. In 1890 word hy aangestel as tweede in bevel van die Pioneer Column. Hy veg in die Matabele-oorlog en speel ’n leidende rol in die Jameson-inval waarvoor hy deur die Britse hof gevonnis is. In die Tweede Vryheidsoorlog was hy in bevel van transport vir die Flying Column wat gestuur is om Mafeking te ontset. Hy veg ook in die Eerste Wêreldoorlog en is op 16 April 1918 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Willoughby’s Consolidated Company Limited
Volgende onderwerp: Willowmore
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:19:20 MGT 2024