Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Williams, Sir Robert
Williams, Sir Robert [boodskap #124600] Wo, 23 Januarie 2019 06:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Robert Williams was 'n ingenieur en spoorwegpionier. In 1860 in Aberdeen gebore as seun van William Williams. Hy studeer in die ingenieurswese in sy moederstad en kom in 1881 in Kimberley aan. Daar raak hy intiem bevriend met Cecil John Rhodes wat hom na die noorde gestuur het. Saam met Rhodes het hy die Zambesi Exploring Company Ltd. en die Tanganyika Concessions Ltd. gestig, en was besturende direkteur van albei. As gevolg van sy toedoen is die spoorlyn in 1909 deur Zambië (destyds Noord-Rhodesië) na die grens van die Kongo gebou. Hy wen die vertroue van die Belgiese en Portugese owerheid en was verantwoordelik vir die Rhodesië-Katanga Junction Railway and Mineral Company, en help ook om die koperbedryf van die Kongo tot stand te bring. Hy word verkies tot vise-president van die beroemde Union Miniére asook van die Katanga Railway Company. Sy grootste ideaal was egter om ’n spoorlyn van Lobitobaai in Angola te bou om aan te sluit by die stelsels van die Kongo en Zimbabwe (Rhodesië). In 1906 is daar volgens ’n konsessie wat aan Williams toegestaan is met die werk begin, en ná onderbrekings as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog, is dit in 1928 voltooi. Van die weskus gaan die spoorlyn die binneland 820 myl ver binne. In 1938 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Williams, Gardner Fuller
Volgende onderwerp: Williston
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:39:13 MGT 2024