Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Williams, Gardner Fuller
Williams, Gardner Fuller [boodskap #124599] Wo, 23 Januarie 2019 06:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gardner Fuller Williams was 'n Amerikaanse myningenieur en eerste hoofbestuurder van De Beers Consolidated Mines. In 1842 in Kalifornië gebore. Hy studeer aan die mynkollege in Freiberg, Duitsland, en in die V.S.A. Hy kom in 1884 na Suid-Afrika om ’n pos op die Barbertonse goudveld te aanvaar, maar nadat hy Cecil John Rhodes ontmoet het, is hy na Kimberley, waar hy die getroue adviseur van laasgenoemde geword het. In dié hoedanigheid het hy ’n vername rol gespeel in die vroeë ontwikkeling van die Rand en van Zimbabwe (Rhodesië), waar hy gehelp het om die mynwette op te stel. Met die stigting van De Beers Consolidated Mines in 1888, is hy as hoofbestuurder aangestel en was verantwoordelik vir die ewolusie van baie van die moderne mynboutegnieke en die herwinning van diamante. Hy het ook tydens die Tweede Vryheidsoorlog ’n vername rol gespeel in die verdediging van Kimberley. In 1902 het hy sy standaardwerk, The Diamond Mines of South Africa, geskryf wat handel oor die geskiedenis en geologie van die diamantveld. Hy tree in 1905 af en woon die grootste deel van sy later jare in die V.S.A. In 1922 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Williams, Frederick Condé
Volgende onderwerp: Williams, Sir Robert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:08:21 MGT 2024