Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wildebees (Ghnoe)
Wildebees [boodskap #124590] Di, 22 Januarie 2019 20:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Wildebees.
'n Wildebees.
Die Wildebees (Ghnoe) (Khoikhoi-woord) is 'n groot bok bekend vir sy spoed en taaiheid. Hy is ongeveer 1,2 meter (4 voet) hoog en donkerbruin van kleur. Die swartwildebees (Connochaetes gnu) is nogal 'n snaakse dier, met ’n gesig soos 'n os, regop bokhorings en ’n lang wit stert, soos dié van 'n perd. Wanneer hy op die vlug is, maak hy snaakse kaperjolle. Die blouwildebees (Connochaetes taurinus) is ’n swaarder dier met kort, dik horings, geen nek nie en het ’n meer stompsinnige geaardheid. Albei word in groot getalle in die wildtuine aangetref.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wilde-amandel
Volgende onderwerp: Wilde-eend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:19:54 MGT 2024