Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wiener, Ludwig
Wiener, Ludwig [boodskap #124587] Di, 22 Januarie 2019 19:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ludwig Wiener was 'n sakeman en wetgewer. In 1838 in Berlyn gebore. As kind woon hy in die V.S.A., gaan terug na Europa en kom op 17-jarige ouderdom na Suid-Afrika. Hy dryf handel in die distrik Tulbagh waar hy sakeman was tot 1870. Sluit aan by ’n handelsmaatskappy in Kaapstad waarvan hy ’n senior vennoot word. In 1883 word hy gekies as L.V. vir Kaapstad-stad en was jare lank parlementslid. Hy het ’n groot bydrae gelewer ter bevordering van die handel en was ’n voorstander van die leerstelling van die vrye handel. Hy word hoofsaaklik onthou vanweë die vakansiedag wat hy in die Kaap ingestel het, waarna daar skertsend verwys word as St. Wiener’s-dag. In 1921 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wielewaal
Volgende onderwerp: Wildbewaring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:45:42 MGT 2024