Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wielewaal (Oriolidae)
Wielewaal [boodskap #124586] Di, 22 Januarie 2019 19:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Wielewaal (Oriolidae) is 'n voël van middelmatige grootte, gebou soos ’n spreeu. Gewoonlik met helder geel verekleed en swart merke. Almal sing met ryk, vol stemme. Die Europese wielewaal kom in klein getalle as trekvoëls na Suid-Afrika en bly in bosagtige landskap. Die Afrikaanse wielewaal is ’n meer gereelde besoeker en bou sy neste so ver suid as Noord-Transvaal. Die swartkop wielewaal, ’n inheemse voël, is vrypostiger en huiwer nie om stem te laat hoor nie. Algemeen in bosse noord van Kaapstad.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wichgraf, Fritz
Volgende onderwerp: Wiener, Ludwig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:55:00 MGT 2024