Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wichgraf, Fritz
Wichgraf, Fritz [boodskap #124585] Di, 22 Januarie 2019 19:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Fritz Wichgraf was 'n Duitse kunstenaar. Op 9 Mei 1853 in Potsdam gebore. Hy was die leerling van die bekende kunstenaars, Albert Bauer van Weimar en H. Von Angeli van Wenen. In 1896 kom hy na Transvaal en het portrette geskilder van baie hoogwaardigheidsbekleërs, insluitend dr. W. Schulz, kaptein Carl von Brandis (1897) en Paul Kruger (1899), wie se regering ’n skildery gevra het vir uitstalling by die Paryse uitstalling in 1900. Sy bekendste skildery is ‘Die Boeredeputasie’, tans in Pretoria.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Whittlesea
Volgende onderwerp: Wielewaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:21:57 MGT 2024