Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Whelan, Aartsbiskop William Patrick
Whelan, Aartsbiskop William Patrick [boodskap #124580] Di, 22 Januarie 2019 18:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aartsbiskop William Patrick Whelan was 'n Katolieke prelaat. Op 29 April 1907 op Wakkerstroom, Transvaal, gebore en ontvang sy opleiding aan St. Aidan’s College, Grahamstad, Natalse Universiteitskollege en in Dublin. Nadat hy van 1934 tot 1938 redakteur was van die Catholic Times of South Africa, is hy in 1951 as biskop van Johannesburg aangestel en in 1954 Aartsbiskop van Bloemfontein. In Februarie 1964 het sy verklaring as direkteur van die Persafdeling van die Suid-Afrikaanse Biskoplike Konferensie oor die teorie en praktyk van Apartheid en die positiewe prestasies van die Regering, groot opspraak verwek en amptelike teenkanting uitgelok van ander lede van die plaaslike kerklike hiërargie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wewers
Volgende onderwerp: White, Veldmaarskalk Sir George Stuart
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:16:08 MGT 2024