Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wewers (Ploceidae)
Wewers [boodskap #124579] Di, 22 Januarie 2019 14:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die wewers of wewervoëls (Ploceidae) is 'n baie groot en interessante familie, insluitend robbins, rooivinke en pylsterte. Neste hang gewoonlik in groepe aan takke of riete. Stewige voëltjies en die twee geslagte lyk heeltemal verskillend. Die "White-browed" wewer is volop naby die Victoria-waterval en het ’n groot, slordige nes met ’n opening weerskante. Die familievoël bou in enorme gemeenskaplike neste, gewoonlik in kameeldoringbome van Griekwaland-Wes, Transvaal en Namibië (Suidwes-Afrika). Die baardmannetjie (naam afgelei van swart vere op die kop en keel) is algemeen in droë gebiede. Die buffelwewer is groter, en swart met wit spikkels, en word dikwels op die grond gesien in groepe van ses besig om ’n gemeenskaplike nes van stokkies te bou. Slegs in Transvaal algemeen aangetref. Die kanarievink of bosmusikant bou ’n hangende nes in woude of digte bosse. Oos-Kaapland tot by Zoeloeland. Anders as ander wewers is hierdie voëltjie nie sosiaal nie. Die bontrugwewer is volop in groepe al langs die kusstreek van Oos-Kaapland tot by Natal, en in Transvaal. Die Kaapse wewer of geelvink is ’n algemene soort in die Kaap, soos die "Olive"-wewer van Oos-Kaapland. Die brilwewer van Oos-Kaapland, Natal en Transvaal het ’n swart streep deur sy oog en bou ’n buitengewone mooi nes met ’n lang tregter. Die mannetjie van die rooikopwewer (noord van Swaziland tot in Oos-Transvaal) is besonder mooi en sy nes is netjies en sterk met ’n lang tuit. Net so treffend is die mannetjie van die rooibekvink wat ’n swart gesig het wat in die middel deur pienk geskei is. Van hulle Karoo-broeiplekke af, dring troppe gebiede van die Vrystaat en Transvaal binne. Sien Voëls.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wetenskap
Volgende onderwerp: Whelan, Aartsbiskop William Patrick
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:13:56 MGT 2024