Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR)
Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad [boodskap #124577] Di, 22 Januarie 2019 14:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) is 'n statutêre liggaam wat in 1945 in die lewe geroep is. Die grootste persentasie navorsingswerk is in hom gesentraliseer. Word deur die Staat beheer. Die hoofkantoor is geleë op 'n 200-acre terrein 7 myl buite Pretoria, bekend as Scientia. Ander navorsingsinrigtings is versprei oor die hele Republiek. Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde werk saam met die WNNR. Meeste van die personeel is gekwalifiseerde wetenskaplikes of ingenieurs. Navorsing word in feitlik alle vertakkings van die wetenskap gedoen insluitend fisika, chemie, boukonstruksie, voeding, ingenieurswese, telekommunikasie, personeel, ens.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Westville
Volgende onderwerp: Wetenskap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:16:52 MGT 2024