Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » West Nicholson
West Nicholson [boodskap #124571] Di, 22 Januarie 2019 13:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
West Nicholson is 'n dorpsgebied in die suide van Zimbabwe (Rhodesië). In 1898 gestig en die naam is afgelei van ’n goudmyn wat op die vroeëre Nicholson-rif ontwikkel het. Hoewel dit nou hoofsaaklik ’n boerdery- en prospekteerderysentrum is, het West Nicholson dikwels in die nuus gekom as die suidelikste eindpunt van die Rhodesiese Spoorweë (voordat die spoorlyn verleng is om by die Suid-Afrikaanse Spoorweë by Musina (vroeër Messina) aan te sluit, omtrent 100 myl daarvandaan). Die beroemde Liebig-beesplaas is daar naby.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: West, Martin
Volgende onderwerp: Western Province Rugby Club
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:48:13 MGT 2024