Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » West, Martin
West, Martin [boodskap #124570] Di, 22 Januarie 2019 13:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Martin West was die luitenant-goewerneur van Natal en eerste burgerlike administrateur van dié kolonie. In Engeland gebore, die seun van ’n staatsamptenaar in die Tesourie. Hy studeer aan die Balliol College, Oxford, voordat hy aansluit by die Oos-Indiese Kompanjie. Hy werk in Bombaai, maar moes as gevolg van swak gesondheid aftree en word Resident-magistraat in Grahamstad. In 1845 word hy aangestel as Luitenant-goewerneur van die pas geannekseerde gebied Natal, toe nog ’n afhanklike staat van die Kaap. In dié hoedanigheid was hy nie baie gewild nie en hy tree in 1849 af. In dieselfde jaar oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Crawford
Volgende onderwerp: West Nicholson
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:40:24 MGT 2024