Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wessels, Sir Johannes Wilhelmus
Wessels, Sir Johannes Wilhelmus [boodskap #124567] Di, 22 Januarie 2019 07:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Johannes Wilhelmus Wessels was die hoofregter van die Unie van Suid- Afrika. In 1862 in Kaapstad gebore en ontvang sy opleiding aan die South African College en Cambridge. In 1886 tot die Kaapse balie toegelaat en is beskou as ’n besonder bekwame regspraktisyn. Nadat hy na Transvaal verhuis het, word hy leier van die balie daar. Een van sy beroemdste sake was die verdediging van die Jameson-invallers in 1896. In 1902 is hy aangestel as regter van die Transvaalse Hooggeregshof. In 1920 word hy Regter-president, in 1923 Appèlregter en Hoofregter in 1932. Op 6 September 1936 in Pretoria oorlede. Hy was een van die geleerdste Suid-Afrikaanse regsgeleerdes en skrywer van die beroemde History of Roman Dutch Law en ’n standaardwerk oor die Kontrakwet.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wessels, Cecilia
Volgende onderwerp: Wesselton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:46:07 MGT 2024