Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wessels, Cecilia (Mev. E.E. Beecroft)
Wessels, Cecilia [boodskap #124566] Di, 22 Januarie 2019 06:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Cecilia Wessels (Mev. E.E. Beecroft) was 'n Suid-Afrikaanse sangeres. In die Oranje-Vrystaat gebore. Sy is die dogter van sir Cornelius Wessels, die destydse Administrateur, en ontvang haar opleiding in Bloemfontein en Kaapstad. Sy studeer in musiek aan die Suid-Afrikaanse Musiekkollege onder professor Bell en aan die Koninklike Musiekakademie, Londen. Gedurende haar lang loopbaan as sangeres oorsee het sy onder sir Henry Wood, sir Malcolm Sargent en baie ander beroemde dirigente opgetree. Sy het in operas gesing in Sadler’s Wells, Beiroet en Berlyn en gespesialiseer in Wagner-rolle. Sy het in Kaapstad afgetree.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wesselsbron
Volgende onderwerp: Wessels, Sir Johannes Wilhelmus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:31:34 MGT 2024