Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wesleyaanse Metodiste Kerk
Wesleyaanse Metodiste Kerk [boodskap #124564] Di, 22 Januarie 2019 05:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Wesleyaanse Metodiste Kerk van Suid-Afrika maak deel uit van die metodiste-tradisie. Hulle fokus onder andere op evangelisasie en sen­ding.

Hoewel daar individuele Metodiste was onder die Britse troepe wat die Kaap van 1795 beset het, het die eerste predikant, eerw. Barnabas Shaw, eers in 1816 hier aangekom. Sy doel was om die Woord aan hulle te bedien en om sendingwerk voort te sit. ’n Groot aantal Metodiste was onder die 1820-Setlaars, onder andere, eerw. William Shaw, wat gou groot bekendheid in Oos-Kaapland verwerf het. Grahamstad het een van die hoofsentrums van Metodisme geword, maar die moederkerk is op die dorpie, Salem, opgerig. Kragtige sendingwerk is tot ver in die binneland gedoen, terwyl belangrike Metodiste-gemeenskappe opgeskiet het in Natal, die Oranje-Vrystaat en Transvaal. Teen 1883 het die moeder-organisasie in Brittanje besluit dat beheer deur sendingorganisasies nie meer wenslik is nie, en die eerste Suid-Afrikaanse konferensie het alle kerke en sendingposte suid van die Vaalrivier oorgeneem. Hierdie verbintenis met Brittanje het tot 1927 voortgeduur toe ’n private wet die Suid-Afrikaanse Konferensie die jurisdiksie toegestaan het oor Transvaal, Swaziland, Betsjoeanaland en Mosambiek. Die Metodistekerk het ook ’n teologiese fakulteit aan die Universiteit Rhodes, Grahamstad, ingestel. Dit is gesamentlik met die Anglikaanse Kerk van Suid-Afrika en die Kongregasionalistiese Kerk ingestel. ’n Groot aantal skole, kinderhawes en ander inrigtings is ook onderhou. Teen die 1960's was daar nagenoeg 2,800 kerke en 3,800 plekke waar gepreek word in Suidelike Afrika. Aantal lidmate: (1963): 269,825 Blankes, 11,903 Kleurlinge en 1,313,129 Bantoes.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Werth, Albertus Johannes
Volgende onderwerp: Wesselsbron
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:59:06 MGT 2024