Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Werth, Albertus Johannes
Werth, Albertus Johannes [boodskap #124563] Di, 22 Januarie 2019 05:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Werth, Albertus Johannes was die Administrateur van Suidwes-Afrika (nou Namibië). In 1880 in Malmesbury gebore. Hy ontvang sy opleiding op Stellenbosch en word een van die vroeë ondersteuners van die Nasionale Party onder generaal Hertzog. In 1920 word hy tot die Parlement verkies as L.V. vir Kroonstad, en bly dit tot 1926 toe hy Administrateur van Suidwes-Afrika word. Hierdie pos beklee hy tot 1933. In 1938 word hy L.V. vir George. Hy het besonder belang gestel in die nywerheid en in finansies. In 1948 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wernher, Sir Julius Charles
Volgende onderwerp: Wesleyaanse Metodiste Kerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:42:33 MGT 2024