Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wernher, Sir Julius Charles
Wernher, Sir Julius Charles [boodskap #124562] Di, 22 Januarie 2019 05:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Julius Charles Wernher was 'n mynmagnaat. In 1850 in Darmstadt, Duitsland gebore waar sy vader verbonde was aan die Groothertog se hof. Hy begin werk by ’n Londense bank en veg in die Pruisiese kavallerie in die Frankies-Duitse oorlog van 1870-71, en net soos Alfred Beit aanvaar hy diens in Parys by Jules Porges. In 1871 het Porges hom as sy verteenwoordiger na Kimberley gestuur waar hy verkies is tot die Mynraad en gou ’n ryk en vooraanstaande man geword het. Na die ontdekking van goud aan die Rand, het hy sy werk na Transvaal uitgebrei. In 1888 het hy een van die vier oorspronklike "Lewenslange Presidente" van die De Beers Consolidated Mines geword. Hy het hom in Londen as Porges se vennoot gevestig toe laasgenoemde in 1889 afgetree het, en die besigheid voortgesit onder die naam Wernher, Beit & Co., die grootste mynhuis in Suid-Afrika, indien nie in die wêreld nie, en wat die Rand Mines-groepe en ander groot belange beheer. Afgesien van ’n besoek aan Suid-Afrika af en toe, het hy die res van sy lewe in Engeland gewoon. Hy was ook ’n bekende kunsversamelaar. In 1912 oorlede. Hy het die grootse Suid-Afrikaanse fortuin op rekord — meer as £11,000,000 (destyds R22,000,000) — nagelaat. Sien ook Corner House.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Werkloosheid
Volgende onderwerp: Werth, Albertus Johannes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:25:38 MGT 2024