Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Werkloosheid
Werkloosheid [boodskap #124561] Di, 22 Januarie 2019 05:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Werkloosheid is die toestand waarin mense nie werk het nie en gevolglik nie 'n inkomste verdien nie. Gemeenskappe wat deur werkloosheid geteister word, ervaar verlaagde lewenstandaarde, armoede en misdaad, asook die emigrasie van kundige individue uit die gemeenskap.

Ná die Tweede Vryheidsoorlog het ’n tydperk van groot werkloosheid in Suid-Afrika geheers, veral in die Kaapkolonie en Natal tussen 1904 en 1908, en tydens die Wêrelddepressie tussen 1929 en 1932.

Voordele vir werklose persone in die Republiek van Suid-Afrika is aanvanklik beheer deur die Wet op Werkloosheidsversekering van 1946, met sy wysigings. Dit het ’n vroeëre maatreël van 1937 vervang en het ’n skaal vir bydraes bepaal deur werkgewers, werknemers en die Staat. Huishoudelike en plaaswerkers is nie in die bepalings van die wet ingesluit nie.

Die huidige Wet op Werkloosheidsversekering is op 1 April 2002 in werking gestel met die doel om ’n Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) tot stand te bring waartoe werkgewers en werknemers bydra. Werknemers kan hierteen eis indien hulle werkloos word.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wêreldoorlog, Tweede
Volgende onderwerp: Wernher, Sir Julius Charles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:22:27 MGT 2024