Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wepener, Lourens Jacobus
Wepener, Lourens Jacobus [boodskap #124557] Ma, 21 Januarie 2019 18:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lourens Jacobus Wepener was 'n militêre leier in die Oranje-Vrystaatse Republiek. Van Sweedse afkoms; op 21 Julie 1812 naby Graaff-Reinet gebore. Hy vestig hom op ’n plaas tussen Aliwal-Noord en Dordrecht. Sy militêre ondervinding dateer uit die dae van die Kaapse Grensoorlog van 1850-51. Kort daarna het hy na die Oranje-Vrystaat verhuis waar hy die res van sy lewe gebly het. Tydens die veldtog teen die Basoeto’s het hy hom onderskei vanweë sy dapperheid en bekwaamheid en is hy gekies om leier te wees van die historiese aanval op die Basoeto-vesting by Thaba Bosigo. Op 15 Augustus 1865 het hy gesneuwel terwyl hy ’n geselskap vrywilligers na die kruin gelei het. Sy lyk is later teruggevind.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wepener
Volgende onderwerp: Wêreldoorlog, Eerste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:12:38 MGT 2024