Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wenning, Pieter
Wenning, Pieter [boodskap #124555] Ma, 21 Januarie 2019 17:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pieter Wenning was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. In 1874 in Holland gebore en om gesondheidsredes op jeugdige ouderdom na Suid-Afrika gebring. Hy was by De Bussy se boekhandel in Johannesburg werksaam, maar hy wou altyd graag skilder. Sy besondere talent het onder die aandag van D.C. Boonzaier gekom wat hom in 1916 oorreed het om hom in die Kaap te gaan vestig. Hy het ’n stryd teen armoede en swak gesondheid gevoer en het sy skilderye teen lae pryse verkoop. Selfs in daardie tyd is sy werk, hoewel onder die invloed van die Impressioniste, as heeltemal oorspronklik beskou. Hy is in 1921 op 47-jarige ouderdom in Pretoria oorlede. Vandag behaal sy skilderstukke hoë pryse vanweë hulle skoonheid en skaarsheid.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wendt, Theopil
Volgende onderwerp: Wepener
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:03:58 MGT 2024