Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wendt, Theopil
Wendt, Theopil [boodskap #124554] Ma, 21 Januarie 2019 15:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Theopil Wendt was 'n Suid-Afrikaanse musikus. In 1874 in Londen gebore en ontvang sy opleiding in Engeland en in Duitsland. Hy kom op 22-jarige ouderdom na Grahamstad as musiekonderwyser aan die Diocesan School for Girls en aan die St. Andrew’s College. Hy het ’n spesiale lied vir die Grahamstadse tentoonstelling van 1898 gekomponeer. Na etlike jare oorsee vergesel hy die Wheeler-Edwards Light Opera Company in 1912 as hulle dirigent na Suid-Afrika. Met die stigting van die Kaapstadse orkes in 1914 is hy aangestel as dirigent. Hierdie pos beklee hy tot sy bedanking in 1924, toe hy aangestel is as musiekdirekteur van die pas-gestigte Johannesburgse Uitsaai-ateljee (Johannesburg Broadcasting Studio). In 1951 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Welwitschla Mirabilis
Volgende onderwerp: Wenning, Pieter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:15:40 MGT 2024