Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Welwitschla Mirabilis
Welwitschla Mirabilis [boodskap #124553] Ma, 21 Januarie 2019 15:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Welwitschla Mirabilis is 'n unieke plant wat in die halfwoestyn van die Namibstreek van die Suidwes-Afrikaanse kus (in Namibië) aangetref word. Hoewel dit lank reeds bekend was aan die plaaslike stamme wat dit as brandhout gebruik net en stoele van sy houtagtige stam gemaak het, het dit eers in 1858 aan die wetenskap bekend geraak toe die reisiger, Friedrich Martin Josef Welwitsch, in Europa daaroor verslag gedoen het. Dit is aangepas by toestande waar die reënval onder een duim per jaar is en is afhanklik van ’n dik penwortel wat tot ’n diepte van 60 voet deurdring. Die treffendste kenmerk van die plant op die oppervlakte is sy twee 6 voet-lange, dofgroen leeragtige blare. Dit is gewoonlik deur die wind in ontelbare repe geskeur. Die sentrale stam is hol en is gedeeltelik ondergrond en word tot 3 duim dik. Die welwitschia behoort tot die Gymnosperia-familie. Die sade lyk soos die keël van ’n denneboom wat in sekere opsigte verbasend ooreenstem met dié plant. In Januarie van elke jaar word ’n sirkel keëls rondom die kroon gevorm. Manlike en vroulike keëls groei op afsonderlike plante, die manlike een donker salmkleurig en die vroulike een groenerig. Teen Mei word die sade ryp en deur die wind weggevoer en slegs dié wat deur die reën klamgemaak is, ontkiem. Die plant word deur die wet beskerm. Die welwitschia is suksesvol by die Universiteit van Stellenbosch en in Montreal gekweek. Die plant word na bewering verskeie eeue oud.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Welwitsch, Friedrich Martin Josef
Volgende onderwerp: Wendt, Theopil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:22:48 MGT 2024