Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Welwitsch, Friedrich Martin Josef
Welwitsch, Friedrich Martin Josef [boodskap #124552] Ma, 21 Januarie 2019 15:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Friedrich Martin Josef Welwitsch was 'n Oostenrykse plantkundige en ontdekkingsreisiger. In 1807 in Karintië gebore. In 1836 bekwaam hy hom in Wenen as medikus en verhuis na Portugal waar hy in 1839 kurator van die botaniese tuin in Coimbra en Lissabon word. In 1853 het hy in Angola begin reis waar hy daarin geslaag het om ’n uitstekende plantkundige versameling op te bou en waar hy David Livingstone in 1854 ontmoet het. Hy het met hierdie reise tot in 1860 voortgegaan; drie jaar later het Welwitsch hom in Londen gevestig. Een van sy merkwaardigste ontdekkings was die plant wat na hom vernoem is, nl. Welwitschia mirabilis. Hy het baie in Portugees geskryf en sy herbarium is gedeeltelik in die Britse Museum en in Lissabon. In 1872 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Welverdiend
Volgende onderwerp: Welwitschla Mirabilis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:49:28 MGT 2024