Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Welensky, Sir Raphael (Roy)
Welensky, Sir Raphael (Roy) [boodskap #124548] Ma, 21 Januarie 2019 15:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Raphael (Roy) Welensky was die Eerste Minister van die Federasie van Rhodesië (vandag Zimbabwe, Zambië en Malawi). Op 20 Januarie 1907 in Salisbury (nou Harare) gebore. Hy was eers ’n masjinis en het aanvanklik onder die aandag gekom as bokser en vakbondman. Het op Broken Hill gewoon. Hy was 20 jaar lank, van 1933 tot 1953 voorsitter van die Rhodesiese Spoorwegwerkersunie. In 1938 word hy verkies tot die wetgewende raad van Noord-Rhodesië (vandag Zambië) en is in 1946 tot die uitvoerende raad bevorder. Na die stigting van die Federasie van Rhodesië en Njassaland, word hy in 1954 Minister van Vervoer en in 1956 Eerste Minister van die Federasie. Hy tree in 1963 af.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Welch, Eerw. Dr. Sidney Read
Volgende onderwerp: Welkom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:59:25 MGT 2024