Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Welch, Eerw. Dr. Sidney Read
Welch, Eerw. Dr. Sidney Read [boodskap #124547] Ma, 21 Januarie 2019 15:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eerw. Dr. Sidney Read Welch was 'n geskiedkundige en Katolieke priester. Op 4 Julie 1871 in Kaapstad gebore en studeer aan die Marist Brothers College voordat hy na Rome gaan waar hy op 19 Mei 1894 priester word en sy doktoraat in teologie ontvang. Afgesien van sy pligte as priester in Kaapstad, waar hy feitlik sy hele lewe lank gewoon het, word hy ’n skrywer van naam en was etlike jare lank redakteur van die Catholic Magazine. Met spesiale vergunning van die Unie-regering het hy historiese navorsing in die Vatikaanse argief gedoen in die vroeë geskiedenis van Suid-Afrikaanse ontdekkingsreise, veral met betrekking tot die Portugese seevaarders. Verdere ondersoek in die Portugese argief in Lissabon het ’n groot hoeveelheid nuwe stof opgelewer. Dit het die publikasie van ses boeke oor Suid- en Oos-Afrikaanse geskiedenis — wat die periode van die 15de eeu tot 1806 dek — ten gevolg gehad. Die Portugese regering het hulle waardering teenoor hom deur middel van spesiale eerbewys getoon. Op 2 September 1956 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Weinthal, Leo
Volgende onderwerp: Welensky, Sir Raphael (Roy)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:59:06 MGT 2024