Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Waterston, Dr. Jane Elizabeth
Waterston, Dr. Jane Elizabeth [boodskap #124534] So, 20 Januarie 2019 18:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Jane Elizabeth Waterston was 'n pionier-vrouedokter van Suid-Afrika. In 1845 in Inverness, Skotland gebore. In 1867 kom sy na die Kaap om as onderwyseres by die personeel van Lovedale aan te sluit. Ses jaar later gaan sy na Brittanje om haar eers as verpleegster te bekwaam en toe as dokter. Dit was nie vir haar moontlik om haar graad daar te verwerf nie en sy het dit toe in Brussel geneem, hoewel sy later verskeie kwalifikasies in haar geboorteland verwerf het. In 1883 het sy na Kaapstad teruggekeer en was die eerste vrouedokter in die land. Sy het ’n baie groot praktyk opgebou en beroemdheid verwerf met haar mensliewendheid en haar Britsgesinde menings. Sy het ’n aanmerklike rol gespeel in sake rakende die mediese beroep en het ook baie gedoen om die lyding tydens die Tweede Vryheidsoorlog te verlig. In 1932 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Waterslang
Volgende onderwerp: Waterval Boven
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:48:06 MGT 2024