Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Waterhof
Waterhof [boodskap #124526] So, 20 Januarie 2019 13:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Waterhof is/was 'n geregshof wat vroeg in die 20ste eeu gestig is om die talryke geskille oor besproeiingsregte te hanteer omdat die talle sake hieroor gedreig het om ander regsake te vertraag. Die Kaapkolonie het die voortou geneem in die stigting van waterhowe wat ingevolge die Besproeiingswet van 1906 beheer is. In Transvaal is dit kragtens sy eie Besproeiingswet in 1908 ingestel. Die hele Unie is beheer ingevolge die Besproeiingswet van 1930, wat met verskeie wysigings nog die basiese wet was. Waterhowe het bestaan uit ’n regter en twee assessore wat rondgaan het om geskille onder hulle jurisdiksie te verhoor. Die land is destyds verdeel in altesaam 22 Waterhofdistrikte. Daar is/was ook waterhowe in Zimbabwe (Rhodesië).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Waterford
Volgende onderwerp: Waterkloof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:19:03 MGT 2024