Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Warrenton
Warrenton [boodskap #124520] So, 20 Januarie 2019 13:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Warrenton is 'n dorp in Noord-Kaapland langs die N12 en die oewer van die Vaalrivier. Die plek is vernoem na generaal sir Charles Warren, bevelvoerder van die Betsjoeanaland-ekspedisie in 1884. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die Boeremagte ingeneem en was van aansienlike belang om die ontset van Mafeking, verder noord, af te weer. In 1888 is diamante hier ontdek wat tot 1926 ontgin is. Nou hoofsaaklik bekend as ’n melkboerderysentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 5,600 (1,700 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Warren, Generaal Sir Charles
Volgende onderwerp: Wartburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:21:00 MGT 2024