Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Warren, Generaal Sir Charles
Warren, Generaal Sir Charles [boodskap #124519] So, 20 Januarie 2019 13:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Sir Charles Warren was 'n Britse soldaat. In 1840 in Wallis gebore. Hy sluit in 1857 aan by die Royal Engineers. In 1876 word hy na die Kaap gestuur om die omstrede grens tussen die Griekwaland-Wes diamantveld en die O.V.S. te bepaal. Hieroor het hy later ’n amusante boek getiteld On the Veld in the 70's geskryf. Tydens die Griekwaland-Wes-Rebellie van 1878 het hy bevel gevoer oor die Diamond Fields Horse en teen die Betsjoeanas geveg. As administrateur en opperbevelhebber van Griekwaland-Wes was hy in 1879 leier van die Noordgrensekspedisie. Hy is oorsee teruggeroep en in 1884 is hy weer terug in Suid-Afrika as Generaal-majoor om Betsjoeanaland vóór die Suid-Afrikaanse Republiek te beset. Hy tree toe tot die Britse politiek en word kommissaris van die Metropolitan-polisie in Londen. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog is hy aangestel as Luitenant-generaal van die Vyfde Divisie, Suid-Afrikaanse Veldmag. Hy was betrokke in geskille met die Departement van Oorlog en sy beleid by Spioenkop het ’n polemiek veroorsaak. In 1927 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Warnerstrand
Volgende onderwerp: Warrenton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:51:49 MGT 2024