Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Warmbad
Warmbad [boodskap #124517] So, 20 Januarie 2019 13:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Warmbad kan na een van die volgende verwys:

1. Dorp in die suide van Namibië (Suidwes-Afrika). So genoem vanweë sy warmwaterbronne. Die Rynse Sendinggenootskap het in 1805 ’n stasie daar gestig, maar dit was nie voor 1890 dat dit ’n blanke nedersetting geword het nie. In 1914 tydens die inval in Suidwes-Afrika deur die Unie-troepe het gevegte daar plaasgevind. Hoofsaaklik 'n boerderysentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 177 (133 Blankes).

2. Gesondheidsoord benoorde Pretoria in Transvaal. Vernoem na die warmwaterbronne wat duisende besoekers lok. Dit was reeds aan die Voortrekkers bekend, maar dit was eers in die jare 1880 dat ’n dorpsgebied, Hartingsburg, vernoem na professor Harting, ’n groot vriend van die Boeresaak in Holland gedurende die Amajuba-veldtog, gestig is. Dit is kort daarna herdoop na Warmbad. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 6,975 (2,550 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Warden
Volgende onderwerp: Warnerstrand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:55:39 MGT 2024