Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ward, Daniel
Ward, Daniel [boodskap #124515] So, 20 Januarie 2019 13:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Daniel Ward was 'n Suid-Afrikaanse juris. In 1848 in Ierland gebore. In 1881 word hy tot die balie toegelaat en skryf ’n standaardwerk oor inkomstebelasting en nog ’n boek oor parlementêre verkiesings. In 1894 kom hy in verband met sy werk na Suid-Afrika en word kroonvervolger van Brits-Betsjoeanaland. Daarna het hy in die Kaap gepraktiseer en word regsadviseur vir die Regering. Hy was sterk ten gunste daarvan om die Suid-Afrikaanse regspraak te kodifiseer. In 1904 het hy regter in die Oranje-rivierkolonie geword. Hy het in 1923 afgetree en is in 1926 in Kaapstad oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ward, Charles George
Volgende onderwerp: Warden
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:20:08 MGT 2024