Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wamakery
Wamakery [boodskap #124510] So, 20 Januarie 2019 09:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Wamakery was vroeër ’n belangrike bedryf in Suid-Afrika. 'n Groot aantal verskillende soorte, soos kakebeenwaens, kapkarre, skotskarre en baie ander soorte is vervaardig. Die belangrikste sentrums van dié bedryf was Wellington (waar een gebied die naam Wamakersvallei gehad het), die Paarl, Oudtshoorn, King William’s Town, Queenstown en Pietermaritzburg. Die meeste wamakers het gebruik gemaak van plaaslike hout, veral die harde houtsoorte, en ’n besonder hoë standaard van werk gehandhaaf. Met die koms van die motorkar het wamakery egter geleidelik afgeneem, hoewel sekere firmas vervaardigers van bus- en vragwabakke geword het. In dié hoedanigheid bestaan hulle vandag nog.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Walvisbaai
Volgende onderwerp: Wanderersklub
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:43:47 MGT 2024