Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Walvisbaai (Walfisch-baai)
Walvisbaai [boodskap #124509] So, 20 Januarie 2019 09:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Walvisbaai (ook Walfisch-baai) is 'n hawe aan die kus van Namibië (Suidwes-Afrika). Dit was histories deel van Kaapland en is eers in 1994 aan die Republiek van Namibië oorhandig.

Aan die vroeë Portugese seevaarders was dit bekend as byna die enigste goeie natuurlike hawe tussen Angola en Saldanhabaai en is in die 18de eeu dikwels besoek deur Hollandse, Engelse en Amerikaanse walvisbote. In 1876 is dit vir die Kaapkolonie beset deur die ontdekkingsreisiger, W.C. Palgrave. In 1884 het Duitsland op die res van Suidwes-Afrika (nou Namibië) aanspraak gemaak en daar is besluit om die baai te annekseer. ’n Landdros en personeel is daar gestasioneer, maar daar was feitlik geen ontwikkeling tot die Eerste Wêreldoorlog nie. In 1912 het Koning Alfonso van Spanje in ’n arbitrasie die grens van die Britse en Duitse gebied bepaal.

Met die besluit van die Unie in 1914 om Duits-Suidwes-Afrika binne te val, het Walvisbaai ’n belangrike strategiese plek geword en troepe het daar geland. Van toe af het dit die nabygeleë Duitse hawe, Swakopmund, gou oorskadu en vandag is dit die grootste hawe in Namibië. In 1926 is ’n vleis-inmaakfabriek daar opgerig, terwyl die visbedryf ook snel ontwikkel het. Met die bou van kaaie het skeepvaart aansienlik toegeneem. Walvisbaai het vandag baie nywerhede en ontwikkel snel ten spyte daarvan dat dit in die woestyn geleë is. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 17,500 (6,000 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Walvis
Volgende onderwerp: Wamakery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:33:46 MGT 2024