Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Walvis
Walvis [boodskap #124508] So, 20 Januarie 2019 09:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Walvis.
'n Walvis.
Die walvis is 'n seesoogdier wat o.a. in die see om die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Walvisse is deur die eeue vir hul vleis en as bron van grondstowwe gejag. Teen die 20ste eeu het moderne jagmetodes en industriële walvisvangs baie bevolkings ernstig bedreigd gelaat.

Daar is sedert die dae van Jan van Riebeeck jag op walvisse gemaak. Later is walvisvangste hoofsaaklik van fabriekskepe af gedoen deur middel van kleiner walvisjagbote, maar in ’n sekere mate is walvisvangste nog met die strand as basis uitgevoer, veral van Natal af. Walvisvangste word streng beheer deur ’n internasionale ooreenkoms. Die harpoen is vervang deur die walvisjaggeweer wat teen die einde van die vorige eeu deur die Noorweër, Sven Foyn, uitgevind is. Suid-Afrika het verskeie walvisvangsmaatskappye gehad en het 'n aansienlike bydrae gelewer tot die olieprodukte van die wêreld. ’n Versameling walvisgeraamtes word op die terrein van die Kaapstadse Museum uitgestal.

Vier soorte is in die Suid-Afrikaanse waters gejag:

Baleinwalvisse: Hierdie soort is tandloos met twee plate donker, horingrige ‘baleine’, wat die ontelbare klein skaaldiere waarop hulle leef, uit die water sif. Aan hierdie groep behoort die suidelike noordkaper (Balaena australis), 70 voet lank, en die boggelwalvis (Megaptera longimana), 50 voet lank. Albei is vir hulle spek en balein gejag.

Spermaceti-walvis: Hulle het permanente tande aan die onderste kakebene en leef baie diep op pylinkvis, seekatte ens. Hulle is ryk aan spek, spermaceti-olie (uit hulle skedels) en ambergrys (uit hulle ingewande). Van hierdie groep is die 60-voet lange cachalot of potvis (Physeter macrocephalus) die bekendste.

Snoetwalvis: Hierdie soort het twee pare groot tande en ’n langwerpige skedel. Onder hierdie soort is die Cuvier’s-walvis (30 voet) en die skaars Layard’s-snoetwalvis (20 voet) wat enorme tande het wat van die onderkaak uitsteek.

Moordvis of Stormvis (20 voet). Dit is die vraatsugtigste van almal. Beskik oor talle klein tandjies, jag in klein groepies en verslind walvisse, seeleeus en enige soort vis. Aan hierdie groep behoort die spelerige seevark.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Walmer
Volgende onderwerp: Walvisbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:33:57 MGT 2024