Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wallace, Edgar
Wallace, Edgar [boodskap #124506] So, 20 Januarie 2019 09:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Edgar Wallace was 'n Engelse skrywer en joernalis en eerste redakteur van die Rand Daily Mail. In 1875 in Londen gebore. Hy het in groot armoede grootgeword en het as seun koerante verkoop. In 1896 sluit hy by die leër aan, word na die Kaap gestuur en gestasioneer op Simonstad. Hy begin nabootsings van Rudyard Kipling se gedigte skryf wat in die Cape Times gepubliseer is onder die titel Writ in Barracks. Sy eerste verhaal wat onder die aandag gekom het was The Mission that Failed wat in 1898 in Kaapstad gepubliseer is. Hy bedank uit die leër en word ’n Reuter-korrespondent. Na die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog was hy oorlogskorrespondent van die Daily News (1900) en die Daily Mail (1901-1902). Een van sy beroemde scoops was die eksklusiewe nuus van die ondertekening van die Vrede van Vereeniging. Van 1902 tot 1903 was hy redakteur van die Rand Daily Mail. Hy keer terug na Engeland en begin die speurverhale en rillers skryf wat hom wêreldberoemd gemaak het. In 1932 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Walkerbaai
Volgende onderwerp: Walmer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:25:05 MGT 2024