Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Walker, George
Walker, George [boodskap #124504] So, 20 Januarie 2019 09:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
George Walker was een van die beweerde ontdekkers van die goudrif aan die Witwatersrand. In 1853 in Wigan, Lancashire, gebore. Hy kom as jong man na Suid-Afrika en begin werk as messelaar. In 1886 aanvaar hy diens by die Struben-broers op Wilgespruit en volgens oorlewering het hy toe een Sondag in 1886 die hoofgoudrif ontdek toe hy op die plaas, Langlaagte, gaan stap het. Walker het nooit enige noemenswaardige finansiële voordeel daaruit getrek nie en hy het as ou man in armoede gelewe. Hy is op 18 Desember 1924 as pensionaris van die Kamer van Mynwese oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wakkerstroom
Volgende onderwerp: Walkerbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:00:12 MGT 2024