Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wakkerstroom
Wakkerstroom [boodskap #124503] So, 20 Januarie 2019 09:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Wakkerstroom is 'n dorp in Suidoos-Transvaal. In 1859 is dit deur president Martinus Wessel Pretorius gestig en ter ere van hom Martinus Wessel-stroom genoem. Kort daarna is die eenvoudiger naam, Wakkerstroom, gekies (afgelei van die ‘lewendige’ Umzinyatirivier). Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het gevegte daar plaasgevind. Olieskalieneerslae (torbaniet) is daar ontgin. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,495 (623 Blanke).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wahlenbergias
Volgende onderwerp: Walker, George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:14:59 MGT 2024