Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vuurpyl (Kniphofia uvaria)
Vuurpyl [boodskap #124491] So, 20 Januarie 2019 07:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vuurpyle
Vuurpyle
Vuurpyl of Vlamblom (Kniphofia uvaria) is die gewilde naam vir ’n plant wat ongeveer 60 sentimeter (2 voet) hoog is met buisagtige blomkelke, rooi bo en geel onder, aan ’n lang stingel. Soos ander van hierdie groot familie, insluitende sommige aalwyne en die hiasint of naeltjie, groei die swaardvormige blare direk uit die grond. Dit hou van klam, skaduryke plekke en het ’n sierplant vir tuine geword.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vuurlelie
Volgende onderwerp: Vyebos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:14:11 MGT 2024