Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vundhla, Philip Q
Vundhla, Philip Q [boodskap #124489] So, 20 Januarie 2019 07:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Philip Q. Vundhla was 'n Bantoeleier. Aan die begin van die eeu in Oos-Kaapland gebore. Hy vestig hom aan die Rand en raak bedrywig in die vakbondwese. Hy organiseer die Bantoe-mynwerkerstaking na die Tweede Wêreldoorlog. As ’n invloedryke man word hy verkies tot voorsitter van die Adviesraad vir die Soweto-woongebied van Johannesburg. Hy het tot die oortuiging gekom dat ekstremisme nutteloos is, en het met ’n beleid van versoening begin met uitstekende resultate. In later jare was hy aktief in die Morele Herbewapeningsbeweging.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vumba
Volgende onderwerp: Vuurlelie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:37:37 MGT 2024