Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vrymesselary
Vrymesselary [boodskap #124486] So, 20 Januarie 2019 07:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vrymesselary is 'n wêreldwye humanitêre organisasie. Lidmaatskap is deur middel van 'n inlywingsproses tot mans beperk. Die belangrikste funksie van 'n vrymesselaar is om by liefdadigheid en gemeenskapsontwikkeling betrokke te wees.

Die oudste bestaande Messelaarsinstelling suid van die ewenaar is die beroemde Losie de Goede Hoop, waarvan die grondwet op 1 November 1772 in Den Haag in Holland uitgereik is. ’n Terrein wat grens aan die huidige Goewermentshuis in Kaapstad is in 1800 verkry waarop die tempel teen 'n koste van £9,000 opgerig is. Dit is op 7 Julie 1803 geopen deur die Kommissaris-generaal, Jacob Abraham de Mist, in sy hoedanigheid as Adjunk-Meester-Messelaar.

Die feit dat sowat 200 lede van die gilde teenwoordig was by die seremonie, is aanduiding van die gewildheid van Vrymesselary, selfs in daardie dae. Hierdie gebou, ’n argitektoniese meesterstuk van L.M. Thibault, het in 1892 afgebrand. Dit is egter herbou. Baie jare lank, van 1854 tot 1885, is die aangrensende eetsaal gebruik om die Parlement van die Kaapkolonie te huisves totdat die huidige Parlementshuis geopen is. Vrymesselary het geleidelik deur Suid-Afrika versprei, insluitend Zimbabwe (Rhodesië) en Namibië (Suidwes-Afrika). Vandag is daar losies in die meeste dorpe. Die Nederlandse, Skotse, Engelse en Ierse konstitusies is oral verteenwoordig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vryheid
Volgende onderwerp: Vrystaatse Steenkool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:28:59 MGT 2024