Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vryheid
Vryheid [boodskap #124485] So, 20 Januarie 2019 07:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vryheid is 'n dorp in Noord-Natal, hoofstad van die ‘Nuwe Republiek’ wat in 1884 deur ’n groep burgers gestig is op ’n stuk grond wat deur die Zoeloe-opperhoof, Dinizulu, geskenk is. Toe dit in 1888 by die Suid-Afrikaanse Republiek ingelyf is, het Vryheid sy funksie as hoofstad verloor. Dit het belangrik gebly as boerderysentrum en in die Tweede Vryheidsoorlog het baie gevegte daar plaasgevind. Weens sy bande met Zoeloeland is die dorp, saam met die distrik Utrecht, na die vrede in 1903 aan Natal oorhandig. Dit was ’n tyd lank ’n steenkoolmyn-sentrum en pogings is aangewend om met ’n ysterbedryf te begin. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 12,722 (4,920 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Vryburg
Volgende onderwerp: Vrymesselary
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:18:34 MGT 2024