Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Vorster, Balthazar Johannes
Vorster, Balthazar Johannes [boodskap #124474] So, 20 Januarie 2019 06:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Balthazar Johannes Vorster was die Eerste Minister van Suid-Afrika. Op 13 Desember 1915 op Jamestown, Kaapland, gebore en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. In die Tweede Wêreldoorlog is hy geïnterneer weens sy politieke oortuiginge. Later praktiseer hy as advokaat in Johannesburg en word Parlementslid. In 1961 is hy aangestel as Minister van Justisie en het in dié hoedanigheid die Algemene Regswysigingswet en ander maatreëls teen ondermyning ingedien. In September 1966 volg hy dr. H.F. Verwoerd op as Eerste Minister.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Voortrekkerhoogte
Volgende onderwerp: Vos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:19:04 MGT 2024