Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Voortrekkerhoogte
Voortrekkerhoogte [boodskap #124473] So, 20 Januarie 2019 06:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Voortrekkerhoogte is die soldatekwartiere net buite Pretoria wat onder die naam, Robertshoogte, (vernoem na veldmaarskalk lord Roberts) teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog gestig is. Dit is eers deur die Imperial-garnisoen betrek en in 1913 het dit die hoofkwartier van die nuutgestigte Unie-Verdedigingsmag geword. In 1938 is dit herdoop na Voortrekkerhoogte om saam te val met die Voortrekkereeufees. Die Suid-Afrikaanse Militêre Kollege en ander inrigtings word ook daar gehuisves.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Voortrekkerbeweging
Volgende onderwerp: Vorster, Balthazar Johannes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:27:20 MGT 2024