Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Von Veltheim, Curt (Ludwig Kurtze)
Von Veltheim, Curt [boodskap #124467] So, 20 Januarie 2019 06:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Curt von Veltheim (korrekte naam, Ludwig Kurtze) was 'n Duitse avonturier. In 1857 in die Hartzberge gebore. As matroos voer hy 'n avontuurlustige bestaan in die Ooste, Australië en Suid-Amerika en kom in 1895 in Johannesburg aan. Hy het verskeie lede van die Uitlander-beweging genader met planne vir die ontvoering van president Kruger. Wolf Joel, een van die hoofde van die maatskappy Barnato Brothers, het geweier om enigiets te doen te hê met sy plan. ’n Rusie het gevolg en Von Veltheim het hom doodgeskiet. Hy is van moord aangekla en is vrygespreek, maar is in opdrag van president Kruger gedeporteer. Enige jare later was Von Veltheim weer in die moeilikheid in Engeland omdat hy probeer het om S.B. Joel af te pers. Hy is skuldig bevind en moes ’n lang gevangenisstraf uitdien. In 1930 het hy weer ’n poging aangewend om na Suid-Afrika terug te keer, maar is herken en gedeporteer. Hy is in dieselfde jaar oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Von Trotha, Generaal Lothar
Volgende onderwerp: Voogdyfonds
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:49:46 MGT 2024