Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Von Trotha, Generaal Lothar
Von Trotha, Generaal Lothar [boodskap #124466] So, 20 Januarie 2019 06:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Lothar Von Trotha was die militêre bevelvoerder in Duits-Suidwes-Afrika (nou Namibië). In 1848 in Magdeburg, Duitsland, gebore; word beroepsoldaat en in 1894 word hy in bevel geplaas van die Duitse magte in Oos-Afrika. Hy word bevorder tot brigadier en voer in 1900 bevel oor 'n Duitse afdeling in die Bokseropstand in Sjina. Hy word aangestel as Goewerneur in Suidwes-Afrika en bevelvoerder van die troepe tydens die Herero-oorlog in 1904, maar het as gevolg van sy meedoënloosheid homself baie kritiek op die hals gehaal. Hy tree in 1906 af, word bevorder tot generaal en is in 1920 in Bonn oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Von Lettow-Vorbeck, Generaal Paul Emil
Volgende onderwerp: Von Veltheim, Curt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:24:40 MGT 2024