Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Von Lettow-Vorbeck, Generaal Paul Emil
Von Lettow-Vorbeck, Generaal Paul Emil [boodskap #124465] So, 20 Januarie 2019 06:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Paul Emil Von Lettow-Vorbeck was 'n Duitse soldaat. Op 20 Maart 1870 in Saarlouis in die Saar gebore. Hy sluit aan by die Artillerie en veg in Namibië (destyds Suidwes-Afrika) en in die Kameroen. As kolonel voer hy in Junie 1914 bevel oor die Duitse troepe in Duits-Oos-Afrika. Tydens die Oos-Afrikaanse veldtog in die Eerste Wêreldoorlog het sy bekwaamheid en vindingrykheid spreekwoordelik geword en die Geallieerde magte kon hom nooit uitoorlê nie, selfs nie nadat generaal Smuts in 1916 bevel van die magte oorgeneem het nie. In 1917 het hy uiteindelik die grens oorgesteek na Mosambiek, onoorwonne gebly tot die wapenstilstand in 1918 en het hom slegs op 13 November oorgegee toe hy gehoor het van die kapitulasie van Duitsland. In 1954 het hy Suid-Afrika besoek en is gulhartig deur sy voormalige teenstanders verwelkom. In 1964 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Volstruis
Volgende onderwerp: Von Trotha, Generaal Lothar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:09:22 MGT 2024